sy is nog altyd ’n “giver”
gee haar alles
vir die kinders
vir haar vriende
haar tyd
haar tiende
kos vir die wat honger het
klere vir die haweloses
al haar krag om almal se berge te help skuif
en nou
staan sy voor haar eie berg
druk 911 oor en oor
maar niemand kom na haar soek nie
word sy net nog ’n hommelby
met ’n af-vlerk

%d bloggers like this: