depressie soos syne begin dikwels oor liefde
weghardloop soos syne begin meestal oor geld
in alle weghardloop is daar hoop
op ’n nuwe begin
’n ‘redo of sorts’
maar hier
in sy sink hok onder ’n trap by ’n ‘down & out’ hawelose huis
hier is nie meer hoop nie of liefde of geld nie
hier is ’n tingerige veldmuis met ’n fluisterstem
want ’n stem se volume word deur trots bepaal
en trots het lankal hier wég geskilfer
onder die genadelose vrystaat son
maar tog…
toe ek hom vra vir ’n foto
staan ’n statig soos ’n Picasso
maar hy kyk nooit die kamera in die oog nie

%d bloggers like this: